Jy mag sê jy is MOEG!!

Die afgelope week was ek ietwat stiller op sosiale media as gewoonlik.

Hoekom?

Want ek is moeg!

Hoekom is ek moeg?

Ek het heelwat meer dinge aangevat die afgelope maand as beplan…..

As ek weer kon kies om hierdie ekstra hooi op my vurk te voeg, sou ek?

Definitief! Elkeen van hierdie keuses wat ek gemaak het, dra so baie by tot my eie persoonlike groei.

Wat wel belangrik is:

🌼 om goeie keuses uit te oefen van waarin jy jou tyd en energie in investeer.
🌼 onthou vir elke een ding wat jy voor ja sê, sê jy nee vir iets anders.
🌼 na n besige tyd vat ń naweek af om jou batterye te herlaai.

Dan wat die appelkar verder omgegooi het hierdie week ….. Min slaap – gee die estate waar ons woon se poue die skuld! Hulle slaap voor ons kamervenster en skreeu soos maer varke heelnag deur!

Meeste vroue kry tye wanneer hulle eenvoudig oorit, gaaivol, frustreerd of net plein moeg is.

Heel dikwels is daar geen spesifieke rede nie en dis OK!

As vroue is ons heel dikwels geneig om “superwoman” te wil wees.

Maar
🌼 besef dis “fine” om te erken en te sê wanneer jy moeg is en ń ruskans nodig het
🌼 jy hoef nie altyd die fasade van ystervrou voor te hou nie.

As ek n boek oor myself moes skryf sou ek dit tittel: “Raw, real with a touch of sparkle”.

Die “sparkle” is nie vandag daar nie want ek is moeg.

Jou “sparkle” as vrou kan met tye dof wees want ons almal is maar “raw” aka ń werk-in-proses.

Solank jy net “real” aka “authentic” bly! Dit sluit in om te sê wanneer jy moeg is.

Selfs al wil jy die poue met ń water geweer jaag! 😉